n Ou gunsteling, aangepas om in my Thermomix gaar te maak.

Bestanddele

  • 250g maalvleis
  • 50g koekmeel
  • 1 eier
  • sout en peper na smaak
  • 40g brood, gekrummel
  • 1 ui
  • 4g olyfolie
  • 5 aartappels, geskil
  • 250g bevrore groente
  • 3 varkworsies
  • 900g water
  • 50g kaas, in blokkies gesny
  • 20g room
  • pietersielie

Metode

  1. Voeg water in die TM-houer
  2. Sny aartappels in groterige blokkies en plaas in die stoombakkie wat in die TM-houer pas
  3. Plaas bevrore groente in die stomer
  4. Meng maalvleis, uie, 25g koekmeel, eier, ui en brood, koekmeel sout en peper en vorm gholfbalgrootte balletjies
  5. Plaas balletjies in die rak van die stomer
  6. Maak gaar: 35 minute, Veroma, spoed 1
  7. Verwyder die stomer en toets of die aartappels gaar is. Indien nie, stoom nog 5 minute, Veroma, spoed 1.
  8. Verwyder stomer en stoombakkie
  9. Voeg 25g koekmeel, kaas, sout en peper by water in TM-houer
  10. Meng: 30 sekondes, temperatuur 70, spoed 5
  11. Gooi sous in sousbakkie
  12. Voeg gaar aartappels en room in TM-houer
  13. Meng: 3 sekondes, spoed 4
  14. Bedien warm, versier met olyfolie en pietersielie

Wenke

  • Ek het frikadelle voor die tyd gemaak en gevries, maar nie ontdooi nie.
  • Gebruik minder room om ‘n stywer aartappelmengsel te vorm.
%d bloggers like this: